Charlie Parker

Charlie Parker
Parker by Three Deuces, New York in 1947
Agtergrondinligting
GeboortenaamCharles Parker Jr.
Ook bekend asBird, Yardbird
Gebore(1920-08-29)29 Augustus 1920
Kansas City, Kansas, V.S.A.
OorsprongKansas City, Missouri
Sterf12 Maart 1955 (op 34)
New York Stad, New York, V.S.A.
Genres
Beroep(e)
  • Musikant
  • komponis
InstrumenteAlt saxofoon en tenoor saxofoon
Jare aktief1937–1955
Etikette
Verenigde State: Savoy Records
  • Dial Records
  • Verve Records
  • Mercury Records

Verenigde Koninkryk: Esquire Records

  • Vogue Records
  • Columbia Graphophone Company
Assosiasies
Webwerfcharlieparkermusic.com
Charlie Parker en die trompetspeler Red Rodney (1947), foto deur William P. Gottlieb.

Charles "Charlie" Parker Jr. (29 Augustus 192012 Maart 1955) (sy noemname was "Bird" of "Yardbird") was 'n Amerikaanse jazz saxofoonspeler en komponis.[1] Parker was 'n baie invloedryke solis en 'n leidende figuur wat die ontwikkeling van bebop betref,[2] 'n vorm van jazz wat gekarakteriseer word deur vinnige tempos, virtuose tegniek en gevorderde harmonieë. Parker was 'n besonders talentvolle virtuoos en het rewolusionêre harmoniese idees in jazz bekendgestel, insluitende vinnige akkoorde en nuwe wisselvorme van gewysigde akkoorde en akkoord substitusies. Sy hoofinstrument was die alt-saxofoon, en sy toon het van skoon en skerp klanke tot soet en droefgeestige, treurige klanke gewissel.

Parker het reeds vroeg in sy loopbaan die noemnaam "Yardbird" verkry toe hy saam met Jay McShann getoer het.[3] Hierdie noemnaam en die verkorte vorm daarvan, "Bird", is vir die res van sy lewe gebruik en het as inspirasie gedien vir verskeie van sy komposisietitels, soos die "Yardbird Suite", "Ornithology", "Bird Gets the Worm", en "Bird of Paradise". Parker was 'n ikoon van die hipster subkultuur van die 1940's en later die Beat Generasie. Hy was die personifikasie van die jazz musikant, deur sy beeld as kompromislose kunstenaar en intellektueel, eerder as iemand wat slegs vermaak bied.

  1. "Charlie Parker Biography – Facts, Birthday, Life Story". Biography.com. Besoek op 17 Februarie 2014.
  2. "Charlie Parker". The New Grove Dictionary of Jazz. Besoek op 23 April 2012.
  3. "Yardbird". Birdlives.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op Desember 19, 2013. Besoek op Desember 19, 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search